11 weke al?

Ek het skandalig lanklaas iets op my blog geskryf, ek weet, ek weet… 

Maar ek het darem n goeie verskoning: Vandag, 11 weke gelede, het ek geboorte geskenk aan die mooiste, dierbaarste seuntjie. ‘n Liefdevolle bondeltjie van 3.03kg, 51cm lank, wat binne oomblikke, sonder om te blik of bloos, my en Manlief se lewens gevul het met ‘n heel nuwe doel en betekenis.
Vandag is ons seuntjie al ‘n volle 11 weke oud en by verre die pragtigste dingetjie wat sy mamma al ooit gesien het. Die laaste week of twee glimlag hy so af en toe vir ons en maak die mooiste geluidjies as ons met hom gesels! Oo, ek kan liries raak oor die kind van my…

Ag, ek wou net bietjie brag…

Vanoggend lê hy langs my in die bed en slaap, op die naat van sy ruggie, arms uitgestrek, salig. Ek ht langs hom ingesluimer en toe ek wakkerskrik kyk ek vas in twee groot blou ogies wat staar na my. Toe hy besef ek is wakker gee hy my die mooiste grootste glimlag wat ek nog gesien het! Ag jinne moeder, wat ‘n seëning is hy nie…

Groetnis

12 thoughts on “11 weke al?

  1. Baie, baie geluk! Moederskap is die wonderlikste avontuur – en dit klink vir my asof dit vir jou heelwat minder van ‘n kultuurskok is as wat dit vir my was, destyds…Hy is die pragtigste ou seuntjie.

Lewer kommentaar op dalenatjie Kanselleer antwoord