Kolhaaskêns

ons was kolhaaskêns gewees

ja-nee-ek-weet-nie-kom-ons-kyk

my lyf onthou

‘n jagse gekkespul

‘n spulse malligheid

ek en jy

 

dalenatjie

Advertisements

sneespapiervliegtuigies

die noord-wes het vanoggend
met die verkeerde voet uit die bed uit opgestaan
en my hart se deur sonder seremonie oopgewaai

verwoed moes ek keer vir die omgee wat wou uitwarrel
keer vir die hopeloos wat met alle mag op sneespapiervliegtuigies wou in
maar my hande was vol woorde uit biggeltraan gedigte
en traanstreepwange stories

ek kon nie alles keer nie
ek kon nie alles red nie
ek kon nie alles
ek kon nie

want my skouers was nie so breed soos ek gesê het nie

dalenatjie