My liewe tyd

Ek is in my derde week terug by die werk. Vanaf ek hier ingestap het was dit nog net een malle rondhollery maar ek hanteer dit. Die Kleinman groei ‘n barshou, raak by die dag ouliker en floreer by die creche. Manlief het sy eerste oesseisoen by die nuwe werk oorleef en alhoewel daar maar baie uitdagings is lyk dit darem of die skuif ‘n goeie ding was.

Maar ek, ek kry nie veel tyd vir myself nie. (Ek kla nie, julle sal nou sien.) Tussen my mamma-dinge en my vroulief-dinge is daar saans nie tyd vir die dinge waarvoor ek so lief is nie: ‘n storieboek, ‘n stukkie hekelwerk, ‘n bietjie naaldwerk. Alles het agterwee gebly.

Maar alles is darem nie verlore nie (en dis nou hoekom ek sê ek kla nie): my teetye en middagetes by die werk span ek nou maar in vir my-tyd. ‘n Halfuur se boeklees deur die loop van die dag doen wondere en mens kan nogal ‘n hele paar steke hekel in ‘n halfuur se tyd. Ongelukkig is dit nou nie prakties om my naaldwerkmasjien saam te sleep werk toe nie…

‘n Week se middagetes en halfure was dus ‘n aanvaarbare prys om te betaal om die vierde boek in die Millennium reeks van Stieg Larsson te kon deurlees. Volgende aan die beurt is ‘n breipatroon vir ‘n pullover vir die Kleinman en ‘n hekelpatroon vir hom vir ‘n groter mussie (want die weer hier by ons hou nie altyd by die seisoene nie). Hulle sê mos ‘n boer (of in die geval ‘n boervrou) maak ‘n plan…

Groetnis

Advertisements

6 thoughts on “My liewe tyd

  1. Ag dis so lekker om te hoor dit gaan goed met julle!

    Oe ek mis RERIG die vet armpies en pokkel voetjies in my huis. Ek is RERIG broeis. Maar as ek net dink aan al my tyd vir myself wat ek weer gaan moet opoffer sien ek nie kans. Ek dink drie seuns is in elk geval genoeg! 🙂

    En my oudste is klaar met matriek. So NEEEEEE. Dink ek moet net stilsit tot die broeisheid verby gaan. (Vir die eerste keer vandat my kinders gebore is vat ek tyd en geld vir myself – ek het kunsklasse begin.)

    • Ek wou ook nog altyd kunsklasse geneem het! Ek ry nou elke dag oppad creche toe verby ‘n gallery wat kunsklasse aanbied en my mond water skoon elke keer as ek dit sien, maar dit sal maar moet wag tot hy bietjie groter is…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s