Die ‘infinity’ gewaad

Goeiedag Mense

Hoop jul Maandag was sover nie te blou nie!

My sussie se liggie het opgewonde begin flikker toe sy die rokkies teekom – die ‘infinity dress – en gereken dat dit ‘n ideale oplossing sal wees om as gewaad te dien vir haar strooimeisies. Ek stem saam met haar, dink dit sal elke dame se lyf vlei en heel gemaklik wees.

Boonop is dit moontlik om dit self te maak. Kyk gerus by http://stylepint.com/2010/01/29/just-keep-sewing/ vir die eenvoudige aanwysings. My probleem is nou net dat ek graag ‘n diagram sou wou hê van waar PRESIES die drie plootjies moet wees en waar PRESIES die band wat die halter/moutjies/skouerbandjies vorm moet wees.

Is hier dalk iemand in blogland wat kan help??

Mag jul ‘n lieflike en geruste aand hê!

Groetnis