Gallery

Karoo langnaweek (Junie 2016)

 

dsc_5030

Seweweekspoort

dsc_5028

img_2437

Matjiesfontein

img_2439img_2425img_2426img_2428img_2429img_2430img_2431img_2432img_2433img_2434

img_2455

Eskarp by Blesfontein, Sutherland

dsc_5093img_2464

dsc_5181

Fraserburg

dsc_5180

dsc_5187

Prins Albert

 
Edit: Die boonste poort is Seweweekspoort en nie Meiringspoort soos vroeër aangedui nie

Gallery

Fokofpolisiekar!

Kyk, ek was nog nooit een vir voor in die losgemaal staan as dit by musiekoptredes kom nie. Vreemde mense wat teen jou druk en stamp, ‘n wild wilde vreemdeling se bier wat teen jou nek spat en teen jou rug afloop… ek dink nie so nie. Daarom het ek en Manlief ons lekker tuisgemaak op die gallery en die musiek van daar af geniet met ‘n bottel witwyn, ‘n paar biere en ‘n paar Jägermeisters ( of jagsemeesters soos n goeie vriend altyd sê) in vierkantige glasies (wat my oortuig het dat drank nie in ‘n hoek gedruk moet word nie, dan skop hy harder…)

Fotograaf: Dalenatjie

Plek: The Barns Mosselbaai

Toerusting: Nikon D3100 met 50mm 1:1.8G lens

Die Heuwels bly Fantasties

Ek het Manlief (en myself) gisteraand bederf met kaartjies vir Die Heuwels Fantasties se show in Mosselbaai. Ek raak skoon weer bewerig van lekkerkry! Ek mis hul ou drummer se gesiggie maar die vet weet, die energie tussen die groeplede op die verhoog gisteraand was elektries en aansteeklik…

Ek het my nikon en sy 50mm lens saamgevat:

         

Gallery

Sy sê sy’t ‘n vakansie nodig – Sossusvlei (1)

“Sy sê sy’t ‘n vakansie nodig
En of ek haar kan uithelp
Partykeer gebeur al’s gelyktydig
Sal ek haar vinnig kan uithelp

Voor jy jou oë kon uitvee
Het ons nog ‘n jaar kafgedraf
Voor jy jou oë kon uitvee
Stagneer ons teen ‘n slakkepas

Voor jy jou oë kon uitvee
Het ons nog ‘n jaar kafgedraf
Voor jy jou oë kon uitvee
Regresseer ons in ‘n japtrap”

– Nog ‘n jaar, Die Heuwels Fantasties

   

  

  

  

  

   

Gallery

Gamkaskloof – Die Hel

Ons was die naweek Hel toe en terug gewees. Wat ‘n belewenis! Van waar ‘n mens van die Swartbergpas afdraai tot waar die nedersetting is, ry jy 48km gruispad. Luister maar na die Weg en sit twee ure uit vir daardie 48km, Gelukkig vlieg twee ure soos ‘n Mirage op ‘n mooi dag as jy goeie geselskap het wat saam met jou, draai vir draai, kronkel vir kronkel, drif vir drif, die natuurskoon bewonder. Gamkaskloof, ook bekend as die Hel, is ‘n 32km lange vallei, waarvan die vloer op die meeste 200m wyd is. Die eerste boer het homself gedurende die 1830’s daar gevestig maar die huidige gruispad daarheen is eers in 1962 voltooi. Gedurende 1997 is die vallei as ‘n nasionale gedenkwaardigheid verklaar en Cape Nature onderhou dit sedertdien.

Vir die wat nog nie daar was nie, hier is ‘n paar kiekies vanuit Gamkaskloof en omgewing..

DSC_2090

Matjiesrivier vanaf die suidekant van die Swartbergpas

DSC_1866

Ek is nie seker watter genus Protea hierdie is nie maar daar is plate en plate hiervan langs die pad

DSC_1868

Mistigheid op die Swartbergpas

DSC_1877

Nog ‘n pragtige Protea

DSC_1921

Manlief aan die fotos neem

DSC_1924

Gamkaskloof

DSC_1943

Gamkaskloof

DSC_1968

Koedoebul

DSC_2013

Kerkhof in die kloof

DSC_2019

Rustig om die kampvuur

DSC_2023

Manlief besig om te ontspan

DSC_2027

Saligheid

DSC_2054

Die natuurlewe was besonder aktief: bobbejane het lekker gesels vanuit die berg, ‘n aantal verskillende geveerdes het die bome om ons kampplek bewoon, ‘n muskeljaatkat het deur die loop van die aand kom inloer en twee muishonde het toesig gehou terwyl ons ons kamp afgeslaan het.

DSC_2068

Reuse rotse oral oor die landskap lyk soos reuse albasters wat eens op ‘n tyd daar gelos is

DSC_2069

Nog fynbos, jammer, ek is mal oor fynbos…

Gallery

Kenia – Deel 1

Teen die einde van November 2013 het ek myself vir ‘n week en ‘n bietjie in Kenia bevind. My werkgewer het die besoek gereël en ek en twee kollegas het ons tassies gepak en die reis aangedurf. Ons doel was om ‘n paar van hul landbounavorsingstasies rondom Nairobi en Naivasha te besoek en geleenthede te identifiseer vir toekomstige samewerkingsooreenkomste. Tussendeur die plaasbesoeke was ons bevoorreg om die natuurskoon te ervaar en bewonder:

African fish eagle Great Rift Valley  with farmlets Impala Kameelperde Pajamadonkie Witrenosters Veevoerwinkel Kleinskaal teeplantasies Teeplantasies Nog Fleckviehs Fleckviehs op veldweiding Crowned grey cranes Waterbokke Koorsbome Jeti by Lake Naivasha Lake Naivasha Een of ander visvanger of roller WP_20131129_001 Watse kak jaag ons volgende aan

Groetnis

Gallery

Mooiste Suid-Kaap: Montagupas en Prins Alfredspas

Rigtingwyser, Prins Edward VII grootboom

Rigtingwyser, Prins Edward VII grootboom

Grootboom

Grootboom

Olifant wandelroete

Olifant wandelroete

Spitskop uitkykpunt

Spitskop uitkykpunt – berge sover die oog kan sien in al vier windrigtings

Olifant-telefoon naby Diepwalle bosboustasie

Olifant-telefoon naby Diepwalle bosboustasie, by gebrek aan ‘n beter beskrywing. Baie oulike interaktiewe installasie, sterretjie vir die een wie se idee dit was…

Power Van

Power Van, Montagupas

Herold Wines

Herold Wines se agterplaas

Herold Wines 2

Herold Wines, passief-aggressief sou ek sê

Prins Albertspas

Net voor ‘n skerp draai in die Prins Alfredspas, my pa en ‘n kollega het destyds die staatsvoertuig wat aan hulle toegeken was om hierdie draai laat kennis maak met ‘n aankomende voertuig – gelukkig was dit in die dae wat bakwerke nog hard was en stampe kon vat.

1, 2, 3... blok myself

1, 2, 3… blok myself – die res van ons konvooi.

Anderkant De Vlugt

Anderkant De Vlugt

Foto

Roman Slide New Z Samoca Projector

Die skyfieprojektor is ‘n ‘Roman Slide New Z Samoca projector uit ongeveer 1960.

Ons het dit gedurende Augustus in ‘n pandjieswinkel raakgeloop maar weet nog nie of dit nog in ‘n werkende toestand is nie – dit kort ‘n ‘projector bulb’ en ek het nie ‘n clue waar om te gaan soek vir een nie. Ek kry ook nie inligting op die internet oor hoe die bulb moet lyk nie maar ek vermoed dit is so ‘n lang regop besigheid. Al die lense is nog in plek en heel so ek sou nogals graag wou sien hoe hy werk. Op die een foto kan jul sien waar die bulb moet inkom.

/home/wpcom/public_html/wp-content/blogs.dir/32d/39809251/files/2014/12/img_0682.jpg

/home/wpcom/public_html/wp-content/blogs.dir/32d/39809251/files/2014/12/img_0683.jpg

/home/wpcom/public_html/wp-content/blogs.dir/32d/39809251/files/2014/12/img_0684.jpg