“12 superkoel Afrikaanse liedjies vir die langpad”

Huisgenoot het spesiaal vir ons ‘n lys van “12 superkoel Afrikaanse liedjies vir die langpad” (jy moet dit in so ‘n diep opgewonde stem met so ‘n ligte eggo lees) gepubliseer op hul webtuiste vanoggend.

  1. Geskeurde jeans – Karlien van Jaarsveld
  2. Halley se komeet – Robbie Wessels
  3. My lewe draai om jou – Bobby van Jaarsveld
  4. Voshaarnooi – Jakkie Louw en Kevin Leo
  5. Toe stop my hart – Jay en Lianie May
  6. Beautiful in Beaufort-Wes – Theuns Jordaan
  7. Klein tambotieboom – Die Heuwels Fantasties
  8. Stop, wag, bly nog ‘n bietjie – Brendan Peyper
  9. Nooit alleen – Jo Black en Leah
  10. Kaalvoetsokkie – Kurt Darren
  11. Erens in die middel van nêrens – Elvis Blue
  12. Hardekole – Ricus Nel, Adam Tas, Bok van Blerk en Refentse

Dis nou oulik en als maar, behalwe vir drie (vat ‘n raai watter drie 😉 ), is dit nou nie heeltemal my persoonlike koppie tee nie.

Hier is my lys van 12 superkoel Afrikaanse liedjies vir die langpad (in geen spesifieke volgorde):

  1. Wag vir jou – Janie Bay en Hunter Kennedy
  2. Ek glo in die son – Fokofpolisiekar (Fokofpolisiekar se nuwe album is absoluut fantasties..)
  3. Tjoepstil – Arno Carstens
  4. Karoonag – Karen Zoid en Coenie de Villiers
  5. Blou – André Swiegers en Reana Nel
  6. Die skip – Francois van Coke en Laudo Liebenberg
  7. Sy – Die Heuwels Fantasties
  8. Kulkuns – Bittereinder en Chris Chameleon
  9. FLVJ – Fokofpolisiekar
  10. Die wêrekd is mal – Francois van Coke
  11. Vicky – Jan Blohm
  12. Liefde uit die oude doos – Karen Zoid en Niel Sandilands (Koos Kombuis se weergawe is beeldskoon maar hierdie is self te mooi om nie te luister nie)

Enige voorstelle van die vloer af?

Geniet die paasnaweek en veilig reis!

Groete

Video

Toe vind ek jou

Vir die wat nog nie die nuwe Francois van Coke – Karen Zoid duet gehoor (of die video gesien) het nie… Dit werk, dit werk beslis.

Toe vind ek jou

Ft. Karen Zoid

Ek lê my wapens neer
Vanaand vir die eerste keer
Sien ek myself in jou oë
Ek het hierdie oorlog verloor
Ek staar na die bloed op my hande
Ek weet ek het verander
Jy dink ek praat net weer
Ek het jou lief
Ek sweer

Geen pretensie
Geen beheer

Buite die stemme wat skater
Vriende wat groet
Sien jou later
Elkeen vind sy pad
Ek weet ek moet ook my skat

Hey, my sweet
Hey, my baby
Jy’s my toevlug
Wil jou nooit laat huil nie
Jy’s my lied
Jy’s my wysie
Ons het ’n hond
Ons het ’n huisie

Ek het genoeg gegee
Ek het genoeg geskree
Ek het lankal terug geleer
Maar nog steeds het ek probeer
Vlug soos ’n verraaier
Van dit wat my vashou
Daar was monsters in die donker
Toe vind ek jou
Ek sweer

Geen pretensie Geen beheer