Ag koek, onthou jy daai boek?

Rondom dieselfde tyd wat ek vir Griet skryf ‘n sprokie gelees het, het ek ‘n ander Afrikaanse boek gelees wat, soos ek kan onthou, in die tyd van sprokies afgespeel het. Om een of ander rede het ek laasgenoemde altyd met Griet geassosieer maar na die herlees weet ek dat dit nie dieselfde boek is nie en begin wonder ek nou of daar wel so ‘n boek was en of my verbeelding nie op hol met my gegaan het nie. Ek kan ook nie veel onthou van Griet kom weer nie so ek kan nie sê of ek dalk daarna verwys nie. Ek besef ek klink nou effe kêns maar ek kan rerig nie onthou of hond haar-af maak van dit wat ek wel kan onthou nie. Plaas ek daai tyd gedink het daaraan om boek te hou van wat ek gelees het…

In ieder geval, ek kan nie veel van die boek onthou nie maar om een of ander rede het iets daarvan by my vasgesteek en sal ek dit ook graag weer wil lees. Ek verbeel my die boek het twee paralelle storielyne gehad (een in die hede en een in die tyd van sprokies). Die sprokiesdeel het afgespeel in of naby die Swartwoud en daar was Berke- en Beukebome. ‘n Vrou is in die woud aangeval en sy moes deur die trauma daarvan werk. Van die hede se storielyn kan ek nie veel onthou nie, weet net daar was ‘n grot betrokke en ‘n kondoom wat met ‘n speld stukkend gesteek is…

Genade, hierdie klink soos ‘n koorsdroom of ‘n papagaaislaai-geïnduseerde hallusinasie… Ek hoop een van julle kan my help! Of ten minste net vir my sê “Dalenatjie, hou op yl!”

Groetnis

16 thoughts on “Ag koek, onthou jy daai boek?

  1. My liefste sussie het ‘n gedagte gekry, sy wonder of dit nie Chanette Paul is nie, en nou wonder ek of dit nie dalk ‘Wip van die droomvanger’ was nie…?

Lewer kommentaar op Zeppie Kanselleer antwoord