Griet skryf ‘n sprokie

Die geel omslag van Marita van der Vyver se Griet skryf ‘n sprokie bespring my mos toe nou die dag in ‘n tweedehandse boekwinkel. Ek dink ek was Graad 9 toe ek dit die eerste keer gelees het, wou dit nog altyd weer gelees het, so toe gaan dit maar saam huistoe.

As 15 jarige, besef ek nou, kon ek defnitief nie alles begryp wat ek gelees het nie. Tog het die boek, die storie en die manier van storievertel, destyds ‘n groot indruk op my gemaak (alhoewel ek vermoed dat die gevryery tussen die bladsye ook ‘n groot invloed gehad het). En Griet skryf ‘n sprokie se tweede lees as volwassene het my nie telleurgestel nie, nie in die minste nie. Nee, Marita mag maar skryf.

Wat ek wel besef het, nadat ek die boek sag toegemaak het, langs my neergesit het en hande gevou agteroor gaan sit het, was dat die regte (of verkeerde) boek op die regte (of verkeerde) tyd ‘n ongelooflike invloed op ‘n mens se denkwyse kan hê. (Op hierdie punt kan ons nou begin debatteer oor ouderdomsbeperkings, emosionele intelligensie en kennis-is-mag…)

Keer op keer was sinne en paragrawe in die storie vir my soos ‘n spieël waarin ek my eie manier van dink herken het. En dit is nie noodwendig ‘n slegte ding nie. Vandag kan ek Griet en haar sprokies meer waardeer ja, dit is waar, maar as ek die tyd kon terugdraai sou ek weer op ‘n Dinsdagmiddag na skool uit my ma se kar geklim het, die boek saam met 3 ander by die biblioteek gaan uitneem het en dit weer gelees het en my weer verwonder het aan die sprokieswêreld wat tussen die bladsye op my gewag het.

Vandag is ek wie ek is en ek hou van wie ek is. Baie mense en baie boeke het ‘n invloed gehad op my emosionele grootword en sonder hierdie tydige (en soms ontydige) invloede sou ek mos nie ek gewees het nie?

Mense, dis lekker om lief te wees vir lees!

Groetnis

Advertisements

21 thoughts on “Griet skryf ‘n sprokie

  1. Skeletor sê:

    Griet skryf ‘n sprokie. Wow. Ek het daai boek gelees een naweek toe ek my eks girlfriend se huis opgepas het. Goeie storie gewees.
    Min geweet sy en Skeletor sou daai Sondagaand hulle eie sprokie skryf. Maar moenie dat die Dominees die hoor nie. Netnou sê hulle sulke boeke lei tot voorhuwelikse gekafoefel in die kar voor jou ma se huis.

  2. Die een ding wat Griet vir my geleer het (in my Calvinistiese groot-word) is dat mens seks maar mag geniet. Dat dit mag lekker wees en nie in die donker hoef te geskied nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s