TV Games!

Ek het my as kind flou gespeel aan TV Games, soos dit in ons huis bekend gestaan het. Ek en my sussie het net twee van daardie kasette gehad met die speletjies op – ‘n gele en ‘n perse. Een van hulle het Super Mario Bros opgehad, by verre my gunsteling.

Deesdae sien ek gereeld spitsvondige memes van en draakstekery met Mario en Luigi op Tumblr en Imgur en dan wonder ek waar al hierdie skerpsinnige siele wegkruip. Hier is ‘n paar wat my tone laat krul het – Geniet!

IMG_1617IMG_1366IMG_1202IMG_1315

Groetnis