Blokkies Joubert en die koms van die agterdog

Ek soek al lankal iets om oor te skryf, of te kla, te teef of liries oor te raak. Dis nie dat ek aan skrywersblok ly nie, ek het sommer heeltemal my selfvertroue vir skryf, of my skryfvertroue, verloor. Elke keer as ek my blog oopmaak dan kry ek ‘n beklemming, maak maar weer die bladsy toe en gaan soek vir ‘n brokkie goeie nuus op Netwerk24. Meestal is daar net slegte nuus, soms ‘n juweel, maar meestal net ‘n geween en ‘n gekners oor leiers sonder beheer en ‘n samelewing vol seer.

En toe is daar vanoggend. Ek sit nog so, ek kliek nog op die skakel, toe ruk hulle die mat onder my voete en my stoel uit. Ek stik in my koffie, my weetbix verdroog weer van skok. Ek maak nog ‘n tab oop in Chrome, google die naam, kry bevestiging: ek is verneuk, gelukkige herinnering uit my kinderjare voor my pa se plate speler in ‘n oogwink onder die vergrootglas.

Blokkies Joubert het nooit bestaan nie.

Blokkies Joubert was ‘n figment van David Kramer se verbeelding.

Shit.

My pa het David Kramer se “Die verhaal van Blokkies Joubert” plaat in sy versameling gehad en vir een of ander rede was ek gek daaroor en het ek dit gereeld en oor-en-oor geluister.  Ek was 5 of 6 seker, wat het ek geweet van melankolie, melodie of lirieke? David het ‘n mooi storie vertel en dit was dit. Ek vrek al van kleins af oor ‘n storie, seker die dat ek dit so gelief het.

Die paashaas en kersvader was altyd vir my effe vergesog. Die tandemuis het nog effe meriete gehad, ek kon tande nogal visualiseer as bakstene vir ‘n klein muis-huisie. Maar in Blokkies Joubert het ek nooit getwyfel nie. Hy het dan in ‘n ouetehuis noord van Beaufort-Wes gebly en hy was in 1931 ‘n hakker in die Springbokspan, waar die manne wat saam met hom op die veld was vir hom “hak hom, hak hom, Blokkies!” geskree het. Oo en sy vrou, Christina, sy was kwaai, sy het hom sommer ‘Joubert’ genoem want sy het nie tyd gehad vir troetelnaampies nie. Of dalk was sy net gemaak-kwaai ter wille van Blokkies se pêlle wat hom na die game wou saamsleep kroeg toe. Wie weet? Daar was geen rede om in Blokkies Joubert te twyfel nie.

THE MOUSTACHE ON HIS LIP IS PENCIL THIN
LIKE THE MIDDLE PATH THROUGH HIS HAIR
AND ALTHOUGH HIS FRIENDS CALL HIM BLOKKIES
HIS WIFE WOULD CALL HIM JOUBERT

AG CHRISTINA CHRISTINA HE THINKS TO HIMSELF, YOU NEVER COULD UNDERSTAND
WHAT IT FEELS LIKE TO DUMMY AND TO SIDESTEP
WITH A LEATHER BALL IN YOUR HANDS

MAN IT’S HARD TO BELIEVE THIS IS BLOKKIES JOUBERT
THE HOOKER IN THE SPRINGBOK SCRUM
CAUSE HE’S OLD AND GREY AND HE SITS IN HIS CHAIR
IN THE SLANTING WINTER SUN
BUT HE MADE HIS NAME WITH THAT WONDERFUL GAME THAT HE PLAYED
IN 1931

WELL HE SITS IN THE LOUNGE OF THE OLD AGE HOME
JUST A NORTH OF BEAUFORT WEST
AND HE WATCHES A T.V. PROGRAM OF THE SPRINGBOK RUGBY TEST
AS THE IMAGES FLICKER UPON THE SCREEN HE CAN HEAR THE MANNE CALL
THEY SAY HAK HOM HAK HOM BLOKKIES, BLOKKIES HAK DAAI BALL

EN ONS SÊ:
DRUK HULLE, DRUK HULLE BOKKIES, DRUK HULLE MANNETJIES FLOU
HAK HULLE, HAK HULLE BLOKKIES, HAK HULLE BOLLETJIE GOU
LIG JULLE KNIEE DRUK JULLE DRIEE DAAR AGTER DIE DOELLYN NOU

HE SITS THERE IN THE AFTERNOON SUN, HIS MEMORIES COME AND GO
HE CAN CLEARLY RECALL BENNIE OSLER AND BOY AND FANIE LOUW
YES, THERE THEY STAND WITH THE REST OF THE TEAM
IN THE PHOTOGRAPH ON THE WALL
AND IF YOU ASK HIM HE WILL SHOW YOU WHERE THEY SIGNED ON HIS RUGBY BALL

EN ONS SÊ:
DRUK HULLE, DRUK HULLE BOKKIES, DRUK HULLE MANNETJIES FLOU
HAK HULLE, HAK HULLE BLOKKIES, HAK HULLE BOLLETJIE GOU
LIG JULLE KNIEE DRUK JULLE DRIEE DAAR AGTER DIE DOELLYN NOU

JA ONS OUENS WAS ROF IN DIE OU DAE BUT WE PLAYED THE GENTLEMAN’S GAME
BUT IT’S ALL BEEN SPOILED BY POLITICS AND IT’S NEVER GOING TO BE THE SAME
SO HE DRIFTS BACK TO THE OLD DAYS AS HE HEARS THE MANNE CALL
THEY SAY, HAK HOM, HAK HOM BLOKKIES, BLOKKIES HAK DAAI BALL

EN ONS SÊ:
DRUK HULLE, DRUK HULLE BOKKIES, DRUK HULLE MANNETJIES FLOU
HAK HULLE, HAK HULLE BLOKKIES, HAK HULLE BOLLETJIE GOU
LIG JULLE KNIEE DRUK JULLE DRIEE DAAR AGTER DIE DOELLYN NOU

Tot vanoggend. Totdat Stephen Nell my vertel het dat hy nie rerig was nie. Totdat Joseph Lelyveld, uit 1982 uit, dit bevestig het.

Nou weet ek nie meer wat om te glo nie. (Volgende gaan iemand my seker terloops inlig dat daar nooit ‘n seuntjie was wat deur sy nikswerd Pa ‘Sue’ gedoop is nie…)

Behalwe vir my ontnugtering is ek tog dankbaar om ingelig te wees. Dankbaar dat ek nou bewus is van al die metafore en sosiale kommentaar wat David in die liedjie en in die album ingebou het, beïndruk deur kunstenaars soos hy wat oor grense heen aanklank kon vind by mense van verskillende agtergronde deur sy musiek.

Lees gerus Stephen Nell se artikel hier en Joseph Lelyveld s’n hier.

Die lirieke is van allthelyrics.com, ek het probeer korrigeer waar daar foute was – enige verdere korreksies is welkom!

Groetnis

 

 

 

Advertisements