Kameras en kie


Sy is nogsteeds op vakansie – Swakopmund (2)

Sy sê sy’t ‘n vakansie nodig – Sossusvlei (1)
“Sy sê sy’t ‘n vakansie nodig
En of ek haar kan uithelp
Partykeer gebeur al’s gelyktydig
Sal ek haar vinnig kan uithelp
Voor jy jou oë kon uitvee
Het ons nog ‘n jaar kafgedraf
Voor jy jou oë kon uitvee
Stagneer ons teen ‘n slakkepas
Voor jy jou oë kon uitvee
Het ons nog ‘n jaar kafgedraf
Voor jy jou oë kon uitvee
Regresseer ons in ‘n japtrap”
– Nog ‘n jaar, Die Heuwels Fantasties

Gamkaskloof – Die Hel
Ons was die naweek Hel toe en terug gewees. Wat ‘n belewenis! Van waar ‘n mens van die Swartbergpas afdraai tot waar die nedersetting is, ry jy 48km gruispad. Luister maar na die Weg en sit twee ure uit vir daardie 48km, Gelukkig vlieg twee ure soos ‘n Mirage op ‘n mooi dag as jy goeie geselskap het wat saam met jou, draai vir draai, kronkel vir kronkel, drif vir drif, die natuurskoon bewonder. Gamkaskloof, ook bekend as die Hel, is ‘n 32km lange vallei, waarvan die vloer op die meeste 200m wyd is. Die eerste boer het homself gedurende die 1830’s daar gevestig maar die huidige gruispad daarheen is eers in 1962 voltooi. Gedurende 1997 is die vallei as ‘n nasionale gedenkwaardigheid verklaar en Cape Nature onderhou dit sedertdien.
Vir die wat nog nie daar was nie, hier is ‘n paar kiekies vanuit Gamkaskloof en omgewing..
Matjiesrivier vanaf die suidekant van die Swartbergpas
Ek is nie seker watter genus Protea hierdie is nie maar daar is plate en plate hiervan langs die pad
Mistigheid op die Swartbergpas
Nog ‘n pragtige Protea
Manlief aan die fotos neem
Gamkaskloof
Gamkaskloof
Koedoebul
Kerkhof in die kloof
Rustig om die kampvuur
Manlief besig om te ontspan
Saligheid
Die natuurlewe was besonder aktief: bobbejane het lekker gesels vanuit die berg, ‘n aantal verskillende geveerdes het die bome om ons kampplek bewoon, ‘n muskeljaatkat het deur die loop van die aand kom inloer en twee muishonde het toesig gehou terwyl ons ons kamp afgeslaan het.
Reuse rotse oral oor die landskap lyk soos reuse albasters wat eens op ‘n tyd daar gelos is
Nog fynbos, jammer, ek is mal oor fynbos…
Kenia – Deel 1
Teen die einde van November 2013 het ek myself vir ‘n week en ‘n bietjie in Kenia bevind. My werkgewer het die besoek gereël en ek en twee kollegas het ons tassies gepak en die reis aangedurf. Ons doel was om ‘n paar van hul landbounavorsingstasies rondom Nairobi en Naivasha te besoek en geleenthede te identifiseer vir toekomstige samewerkingsooreenkomste. Tussendeur die plaasbesoeke was ons bevoorreg om die natuurskoon te ervaar en bewonder:
Groetnis

Kolmannskuppe
Net Ek het my vandag laat verlang na Kolmanskop (of Kolmannskuppe) buite Luderitz, in die suide van Namibië. Die spookdorp het sy onstaan in 1908 gehad, te danke aan diamante, maar diamante het ook binne 40 jaar die einde van die dorpie beteken toe ‘n ryker bron van hierdie klippies weer op ‘n ander plek ontdek is.
Groetnis

Mooiste Suid-Kaap: Montagupas en Prins Alfredspas

Olifant-telefoon naby Diepwalle bosboustasie, by gebrek aan ‘n beter beskrywing. Baie oulike interaktiewe installasie, sterretjie vir die een wie se idee dit was…