So… ek loer gou bietjie wat aangaan hier op WordPress en ek sien daar staan vir ‘n slag iets in die “Search Terms” boksie, “morsige steek stories,” maar ek lees “morsige steak stories” en vir ‘n oomblik sien ek ‘n tafel vol mense wat stukke sappige t-bones vol BBQ sous verorber, hul gesigte gesmeer met sous en vet, hul hande drippend en glibberig. ‘Drie kaalkoppe eet tesame’ flits deur my gedagtes en herinnerings aan Afrikaanse klas doem voor my op. Ek lees weer, sien steak is toe eintlik steek. Morsige steek stories. Mooi man.
Groete
Hehe, hoe lekker lag ek nou vir jou! Ek onthou daardie aaklige storie van die kaalkoppe. Dit was ‘n voorgeskrewe boek vir matriek…klomp kortverhale o.a.hierdie walglike een.
Ek kan nou nog nie verstaan hoekom hulle sulke abstrakte kortverhale vir ons moes gee op skool nie. As dit nie was dat ek reeds lief was vir lees nie sou daai tipe prosa beslis nie ‘n liefde vir lees by my geprikkel het of my genoop het om analities en metafories te dink nie, ek is seker daar was meer gepaste en prikkelende kortverhale gewees..
Ek wonder ook daaroor
Oulik, man! Watse mense soek in elk geval daardie ander morsige ding?
Mense wat duidelik nie weet hoe om hul verbeelding te gebruik nie en eerder staat maak om ander mense se 2de handse idees?