31 weke en dinge verander nou vinnig

Iewers tussen Vadersdag en nou het die klein rakker vreeslik woelig geraak, skop nou al selfs sy pappa raak as ons saans styf teen mekaar lê, mits ek al teen daai tyd my  lê gekry het… Ek het hom vir die eerste keer op week 24 voel beweeg (wat ‘n verligting!) en op week 25 kon ek hom die eerste keer voel skop. Manlief was ongelukkig elke keer te laat of die karnallie was te skaam om weer te beweeg as Pappa ook wou voel. Ek dink nie ek sal ooit Manlief se verbaasde uitdrukking en asemsnak vergeet toe hy sy seunskind vir die eerste keer onder sy hand in my buik voel beweeg het nie – dit was so ‘n kosbare oomblik!

Van 400g op 21 weke, 800g op 25 weke tot 1.48kg op 29 weke, kan ek verstaan hoekom sy teenwoordigheid al meer en meer voelbaar en sigbaar is. Ons kon saterdag fisies my buik sien beweeg soos hy rondwoel daar binne.

Die babakamer is darem nou klaar geverf en al die meubels wat daar moet wees is darem daar. Hierdie amper-mamma moet nou net haar gat in rat kry en die beddegoedjies bymekaar kry en alles mooi op hulle plekke kry. Ja ja, almal vertel my dat hy in elkgeval nie die eerste ruk in sy kamer gaan slaap nie maar ek het ‘n behoefte om sy kamer reg te hê vir hom, al sal hy dit eers later benut.

En o ja, as een mens nog vir my gaan sê “ooo jy gaan nou geen meer tyd/geld/watookal vir jouself hê nie” gaan ek my swangerskaphormone blameer en ongeskik raak. Ons weet dat dinge gaan verander en ons aanvaar dat dit dinge gaan verander en ons is bereid om ons aan te pas daarby. As jy niks positiefs kan sê nie, los dit asb liewer…

Groetnis

8 thoughts on “31 weke en dinge verander nou vinnig

  1. Oooo, nou laat jy my … verlang? Dis soos my weermagdae wat wonderlike tye was wat ek geweldig baie geniet het (met al die swaar en ellende en vriendskappe en sports) en ek verlang daarna – maar wil nie nie weer beleef nie. Die opgewonde afwagting voor my kinders se geboorte en die eerste vashou van die klein lyfies – kosbaar.

  2. Awww, jy moet elke oomblik van hierdie pad geniet. Daardie bewegings is awesome en herinner jou telkemale aan die wonderwerk wat besig is om plaas te vind. Raak maar ongeskik oor simpel opmerkings. x

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s