Ek het Maandagaand ‘n inkopiesak vol vars groenboontjies persent gekry, wat toe terstond Dinsdagaand in ‘n kooksel kerrieboontjies verander het. Ek het sommer die Kook en Geniet se resep gebruik maar ek het ‘n bietjie Maizena en ‘n hoogvol lepel borrie bygesit, anders is die bottels mos so ‘n vaal groen…
Kerrieboontjies
1 kg groenboontjies, gekerf
500 g uie, gekerf
500 ml water
10 ml sout
250 ml asyn
15 ml koekmeelblom
15 ml maizena
10 ml matige kerriepoeier
hoogvol teelepel borrie
250 ml suiker
Kook die eerste 4 bestandele vir 10 minute saam. Meng dan die res van die bestandele en voeg dit by. Kook dan tot die bone so sag is soos jy dit verkies. Gebruik dit warm of bottel in gesteriliseerde flesse.
Groetnis
Ek is mal oor kerrieboontjies en gebruik ook altyd Kook en Geniet se resep.
Die idee van borrie is baie oulik!
Dankie Toortsie, ek het my oomblikke 😉
Oeg hoe lus ek nou jou kerrieboontjies!
Van borrie en so het ek nie einlik ‘n idee nie, dit lyk net erg lekker!
😊 vir ‘n eerste probeer is ek nogal heel tevrede!
Dit lyk baie lekker
Ek sal dit beslis weer doen:)