Soutbeesvleis

My ouma het altyd, na afloop van die jaarlikse vleiswerkery, ‘n stuk beesvleis gepekel en soutbeesvleis daarvan gemaak. Sommer volgens die resep in die Kook en Geniet. Wanneer dit afgekoel het in die kookvloeistof en verder verkoel is in ‘n tupperware-bakkie in die yskas, is dit, soos benodig, in fyn dun skywe gesny met die elektriese broodmes. Die skywe is dan op vars brood bedien met ‘n titseltjie blatjang, dun skywe tamatie en ‘n strooiseltjie sout en peper, klaar gemeng in ‘n ou Robertsons glas speserypotjie, daai oues met die deksels wat so maklik afbreek.

Hierdie jaar, na afloop van die jaarlikse vleiswerkery, het ek vir die eerste keer self ‘n stuk beesvleis gepekel en soutvleis gekook. Met die Kook en Geniet in die een oog en Ouma se tips in die ander oor. En na die afkoel en die verkoel het ek dit aan Manlief voorgesit saam met die tamatie, die blatjang en die sout en peper. Nou noem Manlief dit ‘Ouma broodjies’ en my hart is gelukkig.

15 - 3

Groetnis

14 thoughts on “Soutbeesvleis

  1. Sjoe. Dit laat my dink toe ons in Magoebaskloof, Hammanskraal en Silverton gebly het, het my altyd piekniek manjies gepak met Soutbeesvleis broodjies as ons na my ouma in Potchefstroom gegaan het. Dan het ons altyd iewers gestp en piekniek gehou…

      • Toet se tyd het ek ene by my skoonma gekry. Later jare trek ons vanuit Kenja na Nigerië na ‘n gemeublieërde olek en ek verkoop als net daar voordat ons trek… Die grootste fout van my lewe! Daar sit ek jare later en mis my lekker vleis messe en veral daai elektriese vleismes.

      • Ooo ek kan my net indink! Manlief glo daarin dat ‘n mes skerp-skerp moet wees en al loop my hande gereëld deur kla ek glad nie, daar is niks so erg soos n stomp kombuismes nie, veral as jy ‘n tamatie moet sny en die mes doen niks meer as om duikies in die skil te druk nie…

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s