‘n Gisserige besigheid maar nie van die Anchor soort nie

Waarskuwing: Indien jy nie gaande daaroor is te lees oor jeukerasies wat ‘n mens noop om jou dokter te gaan sien nie of aanstoot neem by verwysings na die anatomie en seks, moet liefs nie verder lees nie.

So bevind ek my mos toe nou met ‘n gisinfeksie op ‘n baie ongemaklike plek. Daai plek wat die son nooit sien nie. Maar die advertensie op die TV sê ek hoef nie skaam te wees nie, dit gebeur met ander mense ook.

Bel toe maar gister, na ‘n paar dae se onvroulike ongemak, die Dokter vir ‘n afspraak. Verduidelik die situasie so formeel as wat ek kan, maak oop, maak toe, kry pille, hoop maar net die goed werk vinniger as ‘n bul wat snuf in die neus gekry het.

Gisteraand lê ek en Manlief in die kooi en hy skuifel-skuifel so al nader vir bietjie liefde en aandag. Nee-nee, keer ek baie koekerig, nie vanaand nie, die dokter se pille werk al bietjie maar die donnertjies wat my so laat jeuk sit met strooitjies al my juices en opslurp, jy kan hulle nie nou wil boost met ‘n protein shake nie! Arme Manlief moes maar die aftog blaas, jy stry net met ‘n vrou wat dáár jeuk nie…

Groetnis

13 thoughts on “‘n Gisserige besigheid maar nie van die Anchor soort nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s