En daar lê my oggend aan skerwe

My Donderdag het so ‘n klein bietjie woes begin. So klim ek gisteroggend in die stort in. Ons nuwe stort met die mooi skuifdeurtjies van glas en die lekker groot stortkop, amper soos iets uit ‘n leefstyltydskrif. Ek draai die krane bietjie links, bietjie regs totdat ek tevrede is en totdat dit my nie meer hoendervleis gee of soos KFC laat voel nie. Ek trek die regterdeurtjie toe en probeer die linkerdeurtjie toetrek maar dit is effe van die spoor af. Ek vat weerskante van die paneel en lig dit versigtig sodat ek dit weer op die regte plek kan inhak… Maar iewers loop iets skeef en ek staan daar met twee rubberstrippies in my hande en gebarste glas om my voete, in die stort, om die stort, tot in die verste hoekie van die badkamer, selfs in die toiletbak. haarfyn strepies bloed loop teen my bene af en my voete lyk of dit getooi is in rooi polkakol sokkies. Ek is verbaas en verstom, verslae selfs, effe in skok ook. Ten minste is die water wat op my rug spuit lekker warm… Ek draai maar die krane weer toe en hoor hoe Manlief in die huis rondstap om te soek wat aangaan. My sussie en haar dogtertjie slaap in die kamer langs die badkamer en ek wil hulle nie wakker maak met ‘n geroep nie. So toe gil ek maar saggies toe ek Manlief se voetstappe naby die badkamer hoor. Hy staar my oopmond aan toe hy die deur oopmaak en my bewend en kaalgat, soos ‘n moderne Venus de Milo, in die stort sien staan met ‘n see van glinsterende glas om my, bedremmeld en hoogs de moer in. ‘n Koue, kaal, bedonderde vrou wat weet dat iemand hierdie gemors moet skoonmaak en dat sy nou in haar wasbak sal moet hare was en soos ‘n voëltjie moet bad – eers die een kieliebak en dan die ander, koesend vir die wegkruip splinters op die grout tussen die teëls en die verdwaalde glasstukke in my hare.

Geniet die naweek, pasop vir stortdeure!

Groetnis

Naskrif: Manlief het my baie mooi gehelp om die gemors op te ruim nadat hy my, soos ‘n ridder in flennie pajamas, uit die stort uit gered het. terloops, ‘n glas stortdeur pas perfek in ‘n addis snippermandjie…

4 thoughts on “En daar lê my oggend aan skerwe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s