‘n Kasteel in die woestyn

Sondag, in die boekwinkel, opsoek na Deon Lamprecht se Tannie Pompie se oorlog, kom ek af op ‘n boek van Malene Breytenbach, Eenoogkoning. Ek het al vantevore een van haar boeke gelees, Pluimprinse. Die storie was mooi en die omgewing bekend maar die karakters se praat was nie vir my so lekker op die oor nie. Uit pure nuuskierigheid tel ek toe Eenoogkoning van die rak af op.

Ek bekyk die boek van voor en agter maar die inligting is min, loer toe maar bietjie binne-in. Daar blyk liefde, verlies en bietjie geskiedenis tussen die blaaie te wees.

En die Duwisib-kasteel in die suide van Namibië.

61OR4SB3SAL._SL1000_

Ongelukkig is die kasteel op die voorblad nie die Duwisib-kasteel nie. Ek het nog nie die boek begin lees nie so ek weet nie of daar nog kastele ter sprake is nie, maar indien daar nie is nie, het iemand nie hul huiswerk gedoen nie…

Ek en Manlief het die Duwisib-kasteel ‘n paar jaar terug besoek en verwonderd deur sy gange gedwaal. Die kasteel is in 1909, na afloop van die Duitse-Nama oorlog deur Baron Kaptein Heinrich von Wolf gebou. Die Baron het egter in 1916 tydens die Eerste Wêreldoorlog gesneuwel en die Barones, wat ten tyde van sy afsterwe in Duitsland was, het net nooit weer teruggekeer na hul kasteel in die woestyn nie. DSC_0192

DSC_0166

DSC_0156

DSC_0182

Die kasteel behoort deesdae, na ‘n handvol eienaars, aan die staat en word goed onderhou. Ai, as daardie mure tog kon praat…

Groetnis

6 thoughts on “‘n Kasteel in die woestyn

  1. Jy weet mos . . . dit is sonde om ‘n goeie storie met feite te bederf. 😉 Ek terg net, ek het geen idee hoe goed of sleg Eenoogkoning is nie.

    Dit is goed dat die Namibiese regering na die kasteel omsien.

  2. Naby watter dorp is hierdie kasteel? Daar is baie kultuurskatte wat daar tussen die sandduine wegkruip lyk dit my. Ek hoop jy wys ons binnekort nog meer van sulke plekke.

    • Die kasteel is so 70km suid-wes van Maltahohe, so op die randjie van die Namibduinewoestyn.
      Ek moet ‘n slag weer bietjie in my argiewe gaan krap, daar behoort nog ‘n paar interessante plekkies en kiekies te wees… Dankie vir die inloer!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s