Kamphoer

9780624065517

Vandat ek die eerste keer, tydens die 100 jaar herdenking daarvan, met die Anglo-Boereoorlog kennis gemaak het, het hierdie tydperk in ons geskiedenis my geweldig gefassineer. In daardie tyd (1999 – 2002) was daar bykans elke Saterdag ‘n artikel of twee oor die oorlog in Die Burger se bylaag. Wat ‘n plesier was al hierdie inligting nie! Ek het kennis gemaak met boerehelde en hanskakies, konsentrasiekampe en wegkruipplekke in grotte en rante, blokhuise en verbrande plaashuise, rebelle en uitlanders wat saam met die boere geveg het. Eweneens, met enkele uitsonderings, was al die ingelse ‘skurke’ en die boere ‘helde.’ Die onregte gepleeg in die naam van oorlog het my ‘n knop in die keel gegee en my ontnugterd gelaat oor waartoe mense werklik in staat is.

 

Voordat ek geld begin verdien het om boeke self te kon koop, was ek ‘n ywerige ondersteuner van ons plaaslike biblioteek. Tydens een van my snuffeltogte het ek op Christoffel Coetzee se roman, Opsoek na Generaal Mannetjies Mentz afgekom. Alhoewel dit fiksie is, het die storie en die wreedheid van die betrokke bende boerekrygers my hard getref. Ek het hard teëgestribbel maar ek moes erken: in elke kamp was daar helde en skurke, die geskiedskrywers en -verslaggewers verkies net soms om bo-oor hul eie skurke te kyk en eerder op die vyand s’n te fokus. Dit het my opnuut laat besef hoeveel donkerte daar in mense kan skuil.

 

Kamphoer, Francois Smith se debuutroman, se voorblad het dadelik my aandag getrek toe ek NB-uitgewers se nuusbrief oopmaak. Ek het die uittreksel op hul webtuiste gaan lees en geweet: Hierdie boek wil ek lees, moet ek lees. En ek het hom gelees. Rustig, sonder haas, want ek wou niks mis nie. Die boek is gebasseer op ‘n ware verhaal wat onlangs ook in engels, uit die pen van Nico Moolman, verskyn het as The Boer Whore. Nico Moolman het juis die boek in engels geskryf om die Britse publiek attend te maak op die gruwels wat hul soldate gepleeg het in die naam van die Empaaier. Weereens, die geskiedskrywers en -verslaggewers kan soms baie selektief met feite te werk gaan…

 

Kamphoer vertel die storie van Susan Nell, ‘n bywonersdogter wat saam met haar Ma en boetie in die Winburgse konsentrasiekamp beland. In ‘n poging om haar sterwende vriendin te help word sy deur een van die joiners gevang en na twee van die kakies se tent gesleep waar hul haar verkrag, aanrand en vir dood agterlaat. Agter op die lykswa, oppad na die begrafplaas, val sy af en beland sy in die sorg van twee Basoetoes wat haar, oor ‘n tydperk van weke/ maande, help om die eerste paar tree te gee in die rigting van herstel. Met die hulp van ‘n rondreisende fotograaf help hulle haar om na die Kaap te gaan, waar Marie Koopman-de Wet haar inneem en verder op haar roete wys met ‘n beurs vir studies in Europa. Hier bekwaam sy haar as ‘n verpleegster wat spesialiseer in die psigiatrie, spesifiek om soldate te help om deur die trauma van oorlog te werk. Deur die loop van die storie kruis ons saam met haar die pad van een van haar verkragters en word ons ook later vertel dat sy die ander een ook in haar omswerwinge raakgeloop het.

 

Ten spyte van die erns van die storie en die feit dat dit eintlik al lankal vertel moes word, lê die sukses van die roman in die manier waarop Francois Smith die storie vertel. Met behulp van verskillende vertelstyle neem hy ons op ‘n paralelle reis deur die twee dele van haar lewe: Die tydperk na haar verkragting en die tydperk waartydens sy weer voor haar verkragter te staan kom. Fyn woordkeuses en die skep van atmosfeer het my laat voel asof ek saam met haar haar angs en haar blydskap, selfs haar gevoelloosheid en afstand beleef. Sonder om vulgêr te wees hanteer hy die trauma en wreedheid van verkragting op so ‘n wyse dat die leser vir geen oomblik kan twyfel aan die onherroeplike skade en invloed daarvan op ‘n mens nie. Verkragting is nie iets wat maklik oor gepraat word of maklik is om oor te praat nie, allermins as dit reeds 112 jaar gelede gebeur het. Tog hoop ek dat hierdie boek die weg baan vir ander soortgelyke stories om die lig te kan sien.

 

Groetnis

Advertisements

6 thoughts on “Kamphoer

  1. Ek het jou inskrywing vreeslik geniet!

    Hy is BESLIS die volgende boek op my lysie! (ek het hom ook op NB-uitgewers se nuusbrief raakgesien!)

    • Dankie baie 🙂
      Die volgende boek op my bedkassie is “kill yourself and count to 10” en daarna wil ek “the boer whore” probeer in die hande kry, altyd lekker om nog ‘n perspektief op ‘n onderwerp te lees.

      • Hi Nico, ek wil nog baie graag jou boek ook in die hande kry voor die einde van die jaar. Baie dankie dat jul die maatemmer lig vanaf die dele van ons geskiedenis wat so weggesteek word!

Lewer kommentaar op kellyseblog Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s