Mense, daar is so baie titels in my kop waaroor ek wil blog maar ek kry net nie die woorde agtermekaar om die inhoud te skep nie… Ek wil blog oor Francois Smith se ‘Kamphoer,’ oor Michael Taljaard se ‘Transkei Run’ en nog ‘n hoop ander goed ook maar ek kom net nie daarby uit nie. Ek sit en staar na die skerm maar my gedagtes wil nie by my vingers uitkom nie. Ek dink daar is ‘n klein doolhoffie, uiteengesit met doringstruike en digte oeroue roosbome, net daar waar my skedel en my werwels bymekaar kom en die gedagtes gaan sit daar vas soos knapsekêrels aan my gunsteling trui.
Groetnis
O ek BRAND om “Kamphoer” te lees, so vertel asb gerus wat jy gedink het daarvan!
En ja, woorde en gedagtes wat so vashaak – ek noem dit my woordlose weke. Dis erg, sterkte!
dankie baie, ek gaan nou ‘n ernstige poging aanwend om iets oor Kamphoer te skryf, was baie beïndruk..