My sirkus en my apies

Chris Chameleon sing dat almal ‘n apie het en Lizz Meiring het eenkeer in die Rooi Rose geskryf dat daar net plek op jou skouers is vir jou eie apie, nie die hele wêreld of al jou mense se apies nie… Probleem is dat my skouers alewig volgepak is van ander mense se apies en ek kan dit nie keer nie! My eie apies hang meeste van die tyd agter aan my hemp se soom, geduldig aan die wag om hul front row seats terug te kry in die peanut gallery.

Die skrywe het eintlik begin as blitsgedagte #2 maar my kop wou nie stilstaan by die vraag wat ek wou blog nie. So met die draai van die kolk wat my gedagtes is het die vraag homself in n stelling verdraai:

Dit is soveel makliker om ander mense se probleme vir hulle te wil probeer oplos want ons staan op die kantlyn en ons sien die groter prentjie, veral as dit kom by die verhoudings tussen mense en ons oor die kennis van beide partye se opinies beskik. Om ons eie verhoudingsprobleme uit te sorteer is helaas n ander saak en bitter min van ons beskik werklik oor die vermoë om op die kantlyn van ons eie lewens te gaan staan en die eie ek weg te stoot om die groter prentjie en die ander party se siening gade te slaan.

Ek verwys nie nou spesifiek na liefdes- en intieme-verhoudings nie maar enige verhouding, hetsy dit werk, kerk, liefde, vriendskaplik of terloops is.

Watter faktore sou n rol speel in ons vermoë om op die kantlyn te kan staan? Selfkennis en selfsug, of eerder die gebrek daaraan? Miskien ook die wil om probleme uit te stryk en dit wat gebreek is weer reg te maak? Uithouvermoë beslis ook, want jy sal jouself moet oorreed en die ander party ook. Bowenal ook die Liewe Vader se beskermende hand en kalmte, sou ek sê.

Ek wens ek het meer antwoorde as vrae gehad… En minder apies..

Groetnis

20140624-173402-63242287.jpg

8 thoughts on “My sirkus en my apies

  1. Kon darem nie ‘n glimlag weerstaan met almal se kommentare oor gemeenskaplike Apies nie.. Baie lekker gelees dalenatjie. Oor my aap? die sal ek nou nie uit die mou laat nie!!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s