Om ‘n boek te skryf, al is dit net ‘n kleintjie

So beland daar mos toe nou ‘n nuusbrief-e-pos van NB Uitgewers in my digitale posbus. Tussen voorblaaie van nuwe boeke en kortfilms om die boeke te adverteer, vang iets my oog en ek kliek nuuskierig daarop.

“Het jy vuur in jou are? Maak dit stoom as jy skryf?” Vra die uitnodiging uitlokkend voordat dit my insluk en op ‘n gekke reis neem na die land van woorde, sinne, paragrawe, woordspelings en spelreëls.

Die kompetisie het reeds in November van die vorige jaar ge-open en ek maak my sommetjies. Sou ek daarin kon slaag om 600 woorde per dag te skryf vir die volgende nege weke behoort ek die minimum woorde van 35 000 te haal.

Wat behels dit? Skryf ‘n vuurwarm manuskrip wat onder die vaandel van die Ultrasatyn-projek uitgegee kan word. So eenvoudig soos dit.

Probleem? Geen probleem!

Behalwe dat ek 1) nog nooit ‘n boek geskryf het nie, 2) nie liefdesverhale lees nie en 3) nie eintlik ‘n idee het van waar ek die tyd gaan kry om dit te doen nie! Ek het ook vinnig besef dat 600 woorde nie sommer uit die lug uit val nie – dit verg beplanning en skryf en dink en oorskryf en weer skryf.

Die sperdatum is vandag en ek het sopas my inskrywing versend. Ek is gedaan geskryf maar dit was lekker gewees en ek dink ek sal dit dalk weer eendag doen. As daar niks van kom nie sal dit ook reg wees met my, ten minste weet ek ek kan dit ook doen.

Ek reken ek is dalk ‘n beter leser as ‘n skrywer 😉

Groetnis

20130419-160631.jpg

Advertisements

5 thoughts on “Om ‘n boek te skryf, al is dit net ‘n kleintjie

  1. Baie geluk! ek het ook daardie advertensie gesien en was getempteer. Maar jy het die uitdaging aanvaar! dalk is dit die begin van groot dinge!!! Ek hou saam met jou duim vas

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s