Ken julle van sitroën-/siterkonfyt?

My Ouma aan vaderskant het my laasjaar hierdietyd leer sitroënkonfyt maak. Tot op daardie stadium was ek nie eens bewus van so ‘n vrug nie, wat nog te sê hoe om dit in te lê. Sommige mense verwys daarna as siterkonfyt, ek reken die naam is streekgebonde.

Die sitroën is ‘n sitrusvrug met ‘n dik skil waarvan die buitenste bietjie ‘n donker groen is. Die bietjie sitrusvlees aan die binnekant is om en by so groot soos ‘n gholfbal terwyl die hele vrug wissel tussen die grootte van ‘n mango en ‘n spanspek.

Die konfyt is eintlik ‘n marmalade met ‘n baie subtiele bitterheid. Dit is juis om daardie rede dat dit vir my so smaaklik is. Min mense ken dit en daarom raak my bottels maar stadig minder. My pa se suster vertel my toe van ‘n tertresep in ‘n ou resepteboekie van my ouma. Ek en Ouma sit toe ‘n soektog op tou vir die boek en hoef toe darem nie te ver te soek in haar laaie nie.

photo1

Die resep lees as volg:

photo2

Siter tert

2 koppies siter konfyt
6 eetlepels botter
6 eetlepels suiker
3 eiers saamgeklits
Smelt die botter en suiker saam en roer tot dit dik is (nie te lank kook nie). Haal van die vuur af en voeg by fyngesnyde siterkonfyt en eiers. Laat kook tot die mengsel dik is.
 Kors.
1/2 pond meelblom
1/4 pond botter
1 eiergeel
sap van ‘n 1/2 suurlemoen.
Vryf botter in die meelblom, meng met geklitste eier en suurlemoensap. Druk in ‘n tertbord en bak. Gooi vulsel in afgekoelde kors en versier met room en stukkies siterkonfyt.
 
Die resep sê egter nie hoe lank die kors moet bak en teen watter temperatuur nie so werk maar op gevoel. Moet ook nie so simpel soos ek wees en  die botter effens smelt nie, dit werk dan nie so goed nie. 
 
En viola!
 DSC_2613 DSC_2626 DSC_2630

9 thoughts on “Ken julle van sitroën-/siterkonfyt?

    • As ek onthou sal ek die resep vir die konfyt ook een of ander tyd plaas. Dit is veral lekker op vars roosterbrood saam met sterk cheddar… Knor my maag nou!

      • Ina Agenbag sê:

        Ek het siters by ‘n vriendin gekry en sal graag ‘n resep wil he om konfyt te kook. Ek het die boek Lekker vir Later en sal graag resepte wil vergelyk.
        Ek het dit nog nooit gekook of geeet nie nog net in botteltjies gesien en dit lyk so mooi. net ‘n smal strokie groen in die jellie. Dankie byvoorbaat.

        .

      • Hi Ina, ek het die Kook en Geniet se resep gebruik: skil die sitroene dun af met ‘n skerp, dun mes of skeermeslem. Sny die vrugte in die dwarste deur of oorlangs in kwarte. Verwyder die vleid van die sitroene, sodat die dik wit skil alleen vir die konfyt gebruik word. Week die skil 4 dae lank in vars water en gooi net een keer vars water op. Kook dit verder soos lemoenkonfyt

  1. My skoonma het so sitroenkonfyt gekook. HEERLIK! Sjoe! Hoekom het sy oud geword? Ek verlang na my skoonma soos toe sy nog SY was. Ons kon so lekker gesels. Sy was (is steeds) die dierbaarheid van self. Maar die ouderdom het sy tol ge-eis. Ai.

    • Dis vir my ook hartseer om te sien hoe die minder goeie deel van die ouderdom hulle begin affekteer. Mens besef nie hoe baie hulle vir joubwerd is totdat dit te laat is nie.

  2. antjie sê:

    Hallo Dalenatjie
    Kan jy my dalk help met inligting waar ek ‘n sitroenboom kan kry Ek woon aan die Oos Rand Benoni
    Sonskyngroete
    Antjie

Laat 'n boodskap na dalenatjie Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s