Vir 7 dae was alles skielik anders

Ek en Manlief was vir ‘n week swanger gewees. Ons het die maandag vir ‘n toets gegaan en die resultaat was positief. Die Dokter het gevra dat ek hom oor ‘n week weer kom sien sodat ons doodseker kan wees. Ons het besluit om niemand te vertel voordat ons nie die tweede groenlig by die Dokter gekry het nie. Ek het immers maar ‘n maand en ‘n half gelede die Pil gelos en nie vir ‘n oomblik gedink dat ek so vinnig sou vat nie.

 

Die volgende maandagoggend het ek erge krampe gekry en ek is inderhaas weer na die Dokter. Hy  het my vir ‘n sonar gestuur maar die het gewys dat daar niks is nie. Vir ingeval het hy weer ‘n bloedtoets gedoen en die het steeds positief swanger gewys. Die Dokter het ‘n buisswangerskap vermoed, die gineakoloog aan diens by die Kliniek geskakel en ‘n bed is inderhaas vir my geboek. Binne 20 minute nadat ek en Manlief by die deure van die Kliniek ingestap het, is ek in die teater ingestoot. Die Gineakoloog moes ‘n buisswangerskap in die regterbuis verwyder. Hy skat dit was so 5 0f 6 weke oud.

 

Dit voel so half onwerklik. Ons was aanvanklik te bang om opgewonde te raak en skielik, net toe ons begin planne maak oor hoe om die familie in te lig van ons goeie nuus, toe is daar skielik niks.

 

Ek sit saggies my hand op my maag en vir eers is daar weer niks nie.

13 thoughts on “Vir 7 dae was alles skielik anders

  1. Dalenatjie, my hart huil vir jou. Baie sterkte, ek bid vir jou en ek glo dat die Here uitkoms sal bring. Ek dink sommer dadelik aan 1 Samuel 1:11 waar Hanna ‘n kind by die Here afgebid het. Mag Hy ook aan jou gee wat jy wil hê.

    • Baie dankie, waardeer jou goeie wense baie. Ek glo dat alles met ‘n doel gebeur en dat daar ‘n goeie rede is waarom ons nog bietjie moet wag. Mag jy ‘n wonderlike dag verder he!

  2. Vicky sê:

    Ek het ook Desember ‘n buis swangerskap gehad, ek was al 12 weke ver. Die ontwikkelende fetus het my buis gebars en moes die dokter die hele linker kantse eierstok saam met die fetus verwyder…ek was vreeslik harsteer vir die eerste paar dae…het bly wonder of dit nie dalk die dogtertjie sou wees waarna ek en my man so smag nie. Nou sal ons nooit weet nie maar is ek ook heel afgesit van kinders en swangerskap.

    • Hi Vicky, baie jammer om van jou hartseer te hoor, my innige simpatie! Ek het tans gemengde gevoelens oor weer probeer, so bang dat die ding homself kan herhaal. Sterkte vir jou*

      • Goeie dag Dalenatjie. Ek weet jou skrywe i.s. buisswangerskap is al lankal gedoen,maar wil tog se dat ek jou hartseer voel. Op 21 Jan.2015 het bloed-toetse bevestig dat ons dogter swanger is en Vrydag 30 Jan. is dit met ‘n sonar bevestig dat sy ‘n buisswangerskap (gehad) het.My moedershart breek vir my kind, wat in so kort tydjie so lief geraak het vir haar ongebore baba.Aan die ander kant dank ek God dat ons nog ons dogter het. Dit kon so anders gewees het. Haar regter buis is verwyder en ja sy het pyn, maar die seer wat in mens se hart is is soveel meer as die fisiese pyn. Ek dank God vir die 2de kans op lewe wat Hy aan ons dogter geskenk het. Eendag sal sy wel ‘n babatjie he, maar vir nou moet sy eers gesond word.

        Baie sterkte aan elke vrou wat al ooit ‘n miskraam,buisswangerskap of stil gebore baba gehad het.Mag God se wil in ons lewens geskied.

      • Hellos Marlene
        Baie dankie vir jou kommentaar en mooi boodskap. Ek kry self soms nog hoendervleis as ek dink aan hoe maklik dinge verkeerd kan gaan met ‘n swangerskap en met die swanger mamma, soos jy ook gesê het. Dis nie ‘n maklik tyd of rouproses wat voorlê nie en die feit dat dit so vroeg in ‘n swangerskap gebeur het maak dit ook beslis nie minder seer of traumaties nie. Baie sterkte vir julle.

  3. Susan sê:

    Ek sit nou met dieselfde geval. Ook 5 weke swanger maar dis twee eierselle een is perfek in baarboeder en ander een sit in buis. Ons is self hartseer maar wil ook nie altwee verloor nie. Dit is wel ons tweede swangerskap. Ons ander dogtertjie is nou 3.

Lewer kommentaar op Vicky Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s