Die wag voor my mond is ‘n uil

My ma het eendag vir my ‘n boekie as ‘n geskenk gegee. Ek moes seker so 7 of 8 gewees het. Dit was propvol nursery rhymes. Alles van Hey diddle diddle, the cat and the fiddle, tot Jack and Jill, Simple Simon met a pie man en tinker tailor soldier sailor, geïllustreer met die mooiste beskrywende prentjies.

Die rympie wat my egter die meeste bygebly het deur al die jare (en wat ek gereeld nog toepas) handel oor die wysheid van ‘n uil.

A wise old Owl sat in an Oak.
The more he heard, the less he spoke.
The less he spoke, the more he heard.
Why ain’t we all like that wise old bird?

Die wag voor my mond is ‘n uil.

Groetnis

Advertisements

One thought on “Die wag voor my mond is ‘n uil

  1. Ag, die rympie is sommer nou so kostelik. Dalenatjie, ek is ‘n regte ex-stadsjapie,die Jo’burg soort, wat bitter min naby die natuur gekom het tot ek Nellies toe getrek het so jaar gelede…sowaar, ons het ‘n uil, of twee of drie, wat gereeld op die dak kom sit, en ek kan my ore nie genoeg UITleen vir die ‘wyshede’ wat die klompies uitruil nie!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s