Die ‘infinity’ gewaad

Goeiedag Mense

Hoop jul Maandag was sover nie te blou nie!

My sussie se liggie het opgewonde begin flikker toe sy die rokkies teekom – die ‘infinity dress – en gereken dat dit ‘n ideale oplossing sal wees om as gewaad te dien vir haar strooimeisies. Ek stem saam met haar, dink dit sal elke dame se lyf vlei en heel gemaklik wees.

Boonop is dit moontlik om dit self te maak. Kyk gerus by http://stylepint.com/2010/01/29/just-keep-sewing/ vir die eenvoudige aanwysings. My probleem is nou net dat ek graag ‘n diagram sou wou hê van waar PRESIES die drie plootjies moet wees en waar PRESIES die band wat die halter/moutjies/skouerbandjies vorm moet wees.

Is hier dalk iemand in blogland wat kan help??

Mag jul ‘n lieflike en geruste aand hê!

Groetnis

5 thoughts on “Die ‘infinity’ gewaad

  1. Soos dit vir my lyk, moet jy die middel voor merk. Dan kom daar 3 pylnate weerskante, 1 duim uitmekaar en hulle punte wys na die middel? Die “romp” se middel en die “band” se middel kom presies oor mekaar. Die band gaan lang punte agter hê waarmee jy gaan speel. Dis hoe dit vir my lyk.

    • Okay, dankie baie, ek sien wat jy meen… ek is nou net nie seker of die band bo0op die romp, tussen die middelste twee pylnate vasgestik word, of regte kante teenmekaar aan die boonste soom van die rok? die eerste opsie klink vir my meer logies? urgh! Ek soek ‘n prentjie 🙂

      • Ek het nie na die mate gekyk nie. Maar die band word aan die boonste rant/soom/of wat ook al vasgestik. Of dit DUBBELD vasgestik word, weet ek nie. Wat ek bedoel, is soos jy vra, net regte kante teen mekaar? Of sal die bandgedeelte dalk dubbeld wes vir meer stewigheid?

      • Die band word die hele bo-deel vasgestik. Soos dit vir my lyk, as die rugnaat dan nognie vasgestik is nie, lyk dit soos ‘n T. Dan word die rug net toegestik en die 2 bande wat agter loshang word op verskillende maniere gevou.

      • Toortsie, ek dink daai laaste opsie van jou klink vir my heel doenbaar, ek gaan hom so probeer, sal laat weet hoe dit uitgekom het! Baie dankie vir die hulp, waardeer dit ten sterkste!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s