Sunflower to the sun…

‘Hey, you!’ says the sunflower to the sun
Just like that,
In tones of mockery,
‘Hey, you!
Where’s your stem?’

 

Met die eerste lees van hierdie woorde het ek by myself gedink: “Sjoe, wat ‘n verwaande sonneblom? Besef hy nie dat hy afhanklik is van die son waarvoor hy so beterweterig grinnik nie? Besef hy nie die grootsheid van die son nie?

 

Ek het laasweek ‘Sunflower to the sun’ deur Valerie Rosenberg gelees – ‘n boek oor die lewe van Herman Charles Bosman.

 

Wat ‘n lewe! Vreemd, eksentriek, aweregs, verwaand… net ‘n paar woorde wat Herman Charles Bosman moontlik kon beskryf. Vir die verligtes van sy era was hy sekerlik ‘n vars briesie gewees. Valerie beskryf, met gevoel en respek, die kronkels en draaie van Bosman se lewenspad. Haar manier van skryf het my dadelik aangegryp. Ek moet erken dat ek ‘n paar keer die woordeboek moes nadertrek om van die hogere engelse woorde op te soek. ‘n Voorbeeld daarvan was ‘lachrymose,’ wat vertaal kan word as tranerig, huilerig en droefgeestig. Die woord laat ‘n mens so half melankolies en mankoliekig voel…

 

‘n Lieflike boekereis was dit beslis.

 

Valerie se beskrywings van die Johannesburg van daardie era, so ook die mense in Bosman se lewe, was vernuftig en kon prentjies in my kop laat vorm aanneem. Dit het soms gevoel asof ek saam met hulle deur die strate wandel, saam sit en luister hoe hulle redeneer oor alles en nog wat.

 

Met al díe voorkennis wil ek nou Herman Charles Bosman se boeke van ‘n kant af deurlees, die bundels wat ek jare terug gelees het ook.

 

‘In the shade of the Withaak’ bly steeds my gunsteling. As ek nou terugdink aan die storie kan ek nogals vir Bosman herken in die luiperd: die ‘gevaarlike’ een, die een wat gejaag en gejag word; maar so ook in die boer, Oom Schalk Lourens: die (gedwonge) flirtasie met gevaar, al die vreemde en misterieuse goed wat sy lewe volgemaak het.

 

Was Bosman die son of die sonneblom? Of was hy dalk beide?

 

Mag die Suid-Afrikaanse skrywer nooit sy of haar Afrika-stem verloor nie en mag ons sonskynland met sy nuuskierig-verwaande sonneblomme nog vir lang jare leesstof van die allerbeste gehalte lewer.

 

Dankie dat jy die boek voorgestel het, Rosigemaryn.

 

Advertisements

12 thoughts on “Sunflower to the sun…

  1. Ek moet hierdie boekie beslis aanskaf. Ek dink Herman Charles Bosman is een van SA se heel beste skrywers en het omtrent al sy boeke en stories. Die stukkie van die sonneblom en die son is een van my gunstelinge.

      • Die boek is uit druk uit maar ek was gelukkig om een in ‘n tweedehandse boekwinkel (via die internet) in Stellenbosch op te spoor. Die ‘lag met ‘n traan’ wat sy stories gekenmerk het, was beslis ‘n weerspieëling van sy lewe. Kannie wag om weer Bosman te begin lees nie 🙂

      • Kameel sê:

        Nee vrou, ‘n mens kannie saam praat as jy nie kennis dra nie. Jou skrywe is reg… ek het net ‘n paar onnosel vrae gevra; dit toe maar weer uitgevee om nie my onkunde aan die wêreld bekend te maak nie. 😦 Ek lees Tolstoy en daardie manne…. maar ken nie my eie mense nie 😯

      • Ek sal lieg as ek te kenne gee dat ek nie verlig is nie, sjoe! Ek wil ook nog eendag Tolstoy aandurf maar vir nou hou ek maar by die bekendes en bemindes 🙂

        Groetnis en lekker lees!

  2. Kameel sê:

    Danksy jou het ek en my vriendin wat in haar dae ‘n bibliotekaresse was, heerlik gesels. Dit is sy wat my aan al die Classics voorgestel het. Vra toe of sy vir “Bosman,” ken. Ja Herman Charles Bosman, sê sy dadelik, was haar seun se gunsteling. Sy self lees hom nie, maar ek behoort van hom te hou. 🙂 Weet nie of jy al ooit die boek Kristen Lafransdatter (spelling?) gelees het nie. Hulle sê elke vrou behoort eenkeer in haar lewe die boek te lees. Nie ‘n popspeel lees nie… maar baie, baie goed.

    • dankie kameel, het nog nie daai ene raakgeloop nie maar gaan sommer binnekort ‘n soektog daarna loots! Ek is tans besig met ‘een stad drie rooikoppe sewe dae,’ geniet dit nogals sover.

    • Kameel,begin met Mafikeng road van Herman Charles Bosman. Goeie verskeidenheid, Maar die Sunflower is nie daarin nie. Ek dink dis in Unto dust. cold stone jug gaan oor sy dae in die tronk en ‘n Bekkersdal Marathon het die marathon in- heel moontlik sy snaakste storie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s