Rooifluweelkoek – ‘n Oulap se rooi maak mooi

Rooifluweelkoek

(Die resep het in ‘n Landbouweekblad verskyn – dankie Arina du Plessis)

625 ml (2½ k) koekmeel

375 ml (1½ k) suiker

5 ml (1 t) koeksoda

5 ml (1 t) kakao

5 ml (1 t) sout

250 ml (1 k) karringmelk

2 eiers, by kamertemperatuur

375 ml (1½ k) olie

5 ml (1 t) witasyn

25 ml (5 t) rooi voedselkleursel (as jy Robertson se rooi gebruik kan jy maar die hele botteljie ingooi)

5 ml (1 t) vanieljegeursel
Roomkaasversiersel

1 houer (250 g) ferm roomkaas

250 g sagte botter

500 ml (2 k) versiersuiker

5 ml (1 t) vanieljegeursel

Koek

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Berei 3 koekpanne van 18 cm voor. Sif meel, suiker, koeksoda, kakao en sout saam in ’n groot mengbak.
2. Plaas karringmelk, eiers, olie, asyn, kleursel en geursel in ’n aparte mengbak.
3. Meng die meelmengsel by die karringmelkmengsel. Verdeel die beslag tussen die voorbereide panne en bak vir 35-40 minute. Versier met die roomkaasversiersel en organiese roosblare.

Versiersel

1. Plaas roomkaas en botter in die mengbak van ’n elektriese menger en klits tot lig en donsig.
2. Voeg die versiersuiker by en klits tot gemeng. Voeg die vanieljegeursel by en klits tot net gemeng. Verkoel vir 20 minute voor dit gebruik word.

 

Ek kry toe ‘n bevlieging vir modderkoekies ook. Kan egter nie onthou waar ek die resep afgeskryf het nie…

Modderkoekies

125g margarien

500ml suiker

125ml kakao

125ml melk

750ml oats

250ml klapper

2,5ml vaniielje

 

Metode

Meng die 1ste vier bestanddele en kook vir 5 minute.

Meng die res van die bestanddele goed in.

Skep lepelsvol op bakplaat (of in trufflepapiertjies) en laat afkoel.

One thought on “Rooifluweelkoek – ‘n Oulap se rooi maak mooi

  1. Karin sê:

    So dog ek ons is die enigste familie wat dit modderkoekies noem ! Ek sit ook rosyne by. Dit is nou al n legendariese “familie resep ” onder my chef dogter se vriendinne. Njammies

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s