Spuddy word gejaag deur ‘n beer!

Ek het Woensdag my kopie van die vierde boek in die Spud reeks (deur John van de Ruit) by Kalahari bestel, kan nie wag dat hulle die epos stuur om te sê dat ek hom die volgende werksdag kan gaan haal nie!! Eeeek! So opgewonde, het die eerste drie boeke vreeslik geniet en male sonder tal met die boek op my skoot gesit en lag soos ‘n kêns-mens. Wat ‘n jammerte dat die vierde boek die laaste boek in die reeks is maar eerder dit as ‘n reeks van 10 boeke waarvan die helfde afgewater is.

In ‘n neutedop handel die storie oor ‘n engelse laitie (Spud) in ‘n Natalse seunskosskool in die vroeë 1990’s. Dis soos Keurboslaan, net bietjie meer histeries, nee, ek lieg, baie meer histeries!! Die boek, geskryf in joernaalformaat (Spud se joernaal), neem ons op reis saam met Spud deur sy hele hoërskoolloopbaan. Wat ‘n storie!

Die fliek was okay maar het na my mening ‘n bietjie te min om die lyf gehad (snaaks hoe ‘n fliek gewoonlik telleurstel as jy alreeds die boek waarop dit gebasseer is gelees het…) Hoop die tweede fliek is beter.

Groetnis en geniet die naweek!

Edit: Die vierde boek was fantasties, wat ‘n storie! Die tweede fliek was stukke beter as die eerste een, het my doodgelag, maar die derde fliek was weer bietjie vaal. Hoop fliek nommer vier is beter…

Advertisements

2 thoughts on “Spuddy word gejaag deur ‘n beer!

  1. Ek het die boek klaar gelees gekry tussen al die dag- en nagtake deur, wat ‘n plesier! Het vreeslik melankolies gevoel hier teen die einde toe ek vir die laaste keer saam met Spud deur die skool se hekke stap. Dink die boek het die reeks mooi afgesluit, well done John.

  2. … En nou die dag het ek toe uiteindelik die tweede fliek ook gekyk. Na my mening beter as die eerste een maar daar is tog ruimte vir nog bietjie om die lyf. Kannie wag vir die volgende fliek nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s